Villa 10
Villa10

Villa10 on Hugo
Hugostraat 10
Durbanville
Tel: 074 555 7116
villa10@villa10.co.za

Villa10
Villa10 on Hugo

Villa10 on Hugo | Bed en Ontbyt akkommodasie in Durbanville

Hier by Villa10 is 2 tipes kamer besikbaar.

Die Dubbelkamer beskik oor 'n dubbelbed terwyl die Twin kamer met twee enkel beddens toegerus is. Al die kamers is ontwerp om maksimum twee persone te akkommodeer.

Alle kamers is op grondvlak en is toegerus met 'n en-suite inloop badkamer (slegs stort, geen baddens nie) en word daagliks gediens.

Ons bied aan ons gaste 'n komplimentêre kontinentale ontbyt.

Ons daaglikse tariewe is as volg:
Enkel Okkupasie R550/persoon
Dubbel Okkupasie R425/persoon

Neem asb kennis dat:
• Kinders vanaf ouderdom 12 is welkom.
• Geen troeteldiere word toegelaat nie.
• Ons is nie toegerus vir self-sorg verblyf nie.

Vir u gerief voorsien ons veilige parkering terwyl u ook volle toegang tot ons Wi-Fi het. Die gaste sitkamer beskik oor 'n grootskerm TV terwyl koffie/tee geriewe ook daar beskikbaar is.

kliek hier .. om kanselasie, betaling en ander voorwaardes te sien

the webman